11 Januarie 2022

Dagstuk
Psalm 70

“Maar mag almal wat U soek, vol vreugde en blydskap wees. Mag hulle wat u verlossing liefhet, gedurig sê: “Die Here is groot!””
‭‭PSALM 70:5‬ ‭NLV‬‬

As Dawid hierdie hulpkreet bid besef hy, en ons, die Here is ons Hulp!

As ek saam met jou bid oor die jaar wat voorlê dan bid ek dat ek en jy die Here sal soek met alles in ons; dan sal ons vreugde ervaar in die jaar.
Onthou die woorde van ons Eienaar:
“Toe sê sy eienaar vir hom: ‘Mooi so! Jy is 'n goeie en getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde!’”
‭‭MATTEUS‬ ‭25:21‬ ‭AFR83‬‬

Here, om U getrou te soek, in gebed, in die Woord, ja om U wil te soek, sal ons by ‘n tyd van vreugde uitbring soos wat ons Sondag vir mekaar gesê het.
Daarom, Here, kies ons om in al die klein dissiplines in ons lewens reg te doen, en U wil daarin getrou te soek!
U is ons Hulp!