10 Januarie 2022

Dagstuk
1 Kor. 10

Ons moet ‘n heilige lewe leef want ons dien ‘n Heilige God!
Paulus gebruik die Israeliete as ‘n voorbeeld en waarskuwing vir ons en sê dat, al is ons vry van die wet, is daar steeds ‘n belangrikheid om reg te leef: vir die Here en vir ander mense om ons.
“Moenie op julle eie belange ingestel wees nie, maar wees ingestel op wat vir ander die beste is.”
‭‭1 KORINTIËRS‬ ‭10:24‬ ‭NLV‬‬

Laat jou vryheid in Christus vir almal om jou ‘n seën wees en nie ‘n struikelblok vir hulle geloof nie.

Here, dankie dat ons U kan dien met ‘n heilige lewe, ‘n lewe wat streef daarna om die regte ding te doen voor U en ander mense!
Dankie vir die Ou Testament en die Nuwe wat ons wys hoe om te leef en ons waarsku om nie te doen net wat ons wil nie.
U is Heilig!