8 Januarie 2022

Dagstuk
Psalm 69

“n Ywer vir U Huis brand in my…”
Dawid besef dat om by die Here te wees en Sy stem te hoor, die moeilikste emosionele tye en gevaar-situasies kan neutraliseer!
Al klink Dawid totaal en al depressief en beangs in die Psalm, is daar steeds ‘n vaste wete dat God ons red.

Here, mag ons jaar wat voorlê gevul wees deur die wete dat U met ons wil praat, en dat ons U teenwoordigheid dus getrou sal bly soek, en dat ons sal weet omstandighede bepaal nie ons redding nie: U Red!
U is die God wat antwoord!