7 Januarie 2022

Dagstuk
1 Kor. 9

“Net so het die Here opdrag gegee dat hulle wat die Goeie Nuus verkondig, versorg moet word deur dié aan wie hulle die Goeie Nuus verkondig.”
‭‭1 KORINTIËRS‬ ‭9:14‬ ‭NLV‬‬

Die Here het dit so bepaal, dat die geestelike herder van ‘n gemeente, fisies deur die gemeente versorg moet word, want hy versorg hulle met die Woord.
Dit is ‘n “simbiose”, want hoe beter die herder na sy gemeentelede kyk, hoe beter gaan dit met hulle (geestelike volwassenheid loop meestal uit in lewenssukses), en dan kan hulle weer al hoe beter mekaar bly versorg: die een geestelik en die ander finansieel.
Beide het ‘n voorreg: dis wat Paulus in die hoofstuk aan die Korinte, wat hom nie so eer nie, skryf.

Here, dankie dat U Kerk ‘n getuienis aan die wêreld kan wees, van versorging op baie vlakke!
Help ons wat dan geestelike leiers het om hulle goed te versorg, en die herders om op ‘n geestelike vlak die mense te dien soos Paulus dit beskryf.
U is ons Herder!