6 Januarie 2022

Dagstuk
Jesaja 19

Dele van die profesie oor Egipte het al tot vervulling gekom, maar die gedeelte waar Egipte die Here dien en bondgenote van Israel is, kom nog.
As die Here vir jou ‘n woord gee, kan dit dalk lank vat om tot vervulling te kom.
WAG! Wag geduldig op die Here en moet niks forseer nie.
Here, dankie dat U oor al die nasies van die aarde regeer en dat U oor hulle toekoms ‘n plan het, soos met ons as individue ook.

U is die Waarmaker van U woord.