5 Januarie 2022

Dagstuk
Psalm 68

As ons die Here loof soos Dawid dit gedoen het, dan prys ons Hom oor Sy kragtige wonderdade en verlossing van die wêreld, maar ook oor die “klein” dingetjies van Hom:
Dat Hy die Vader vir die weeskinders is en die weduwees se Man.
Dat Hy dit laat reën, as ons dit nodig het!
En dat Hy ons lofsange geniet!

Waaroor en waarvoor loof en prys jy Hom vandag?

Here, elkeen van ons wil aan iets GROOTS en iets klein (in ons lewe) dink vandag en U daarvoor prys!!
U is die God wat verlos en
U is my Bron!