4 Januarie 2022

Dagstuk
1 Kor. 8

Ons moet vir mekaar so lief wees dat ons mekaar se geestelike volwassenheid ook in ag neem.
As iemand sensitief oor iets is wat hy as sonde of sleg bestempel, maar die Here het jou vrygemaak daarvan, dan moet ons hulle sensitiwiteit in ag neem.

“Maar wees versigtig dat jou vrymoedigheid om alles te eet nie jou medegelowiges met ’n sensitiewe gewete in hulle geloof laat struikel nie.”
‭‭1 KORINTIËRS‬ ‭8:9‬ ‭NLV‬‬
Afgodsvleis eet is die voorbeeld, maar in ons lewe kan dit alkohol, rook, musiek, of selfs ander goed wees wat iemand as sonde bestempel, al doen jy nie.
Konsidireer hulle steeds en moet nie voor hulle iets gebruik of doen wat hulle as sondig bestempel nie, al het jy vrede daaroor.

Here, dankie dat ons besef as ons mekaar in die ligaam van Christus in ag neem, dan verheerlik ons U eintlik!
U is die Een wat ons laat groei!