3 Januarie 2022

Dagstuk
Jesaja 18

Hierdie profesie oor die Kussiete, die mense van Afrika, bevestig dat ons moet luister as die Banier opgehef word (v. 3); ons moet kyk en luister!!
Die Banier is Jesus aan die kruis:
“En wanneer Ek van die aarde af aan die kruis verhoog word, sal Ek almal na My toe trek.””
‭‭JOHANNES‬ ‭12:32‬ ‭NLV‬‬

Dankie Jesus dat U soos n banier oor Afrika, oor ons hang!
Ons behoort aan U!!
U is ons Banier!
Ons Vlag, belangriker as enige ander landsvlag!
JESUS!