2 Januarie 2022

Dagstuk
Psalm 67

Dis ons werk om vir almal op aarde van die Here te vertel:
“Mag die volke U prys, o God, mag al die nasies U loof.”
‭‭PSALMS‬ ‭67:4‬ ‭NLV‬‬

Here, ons besef U het gekom, nie net vir die Jode of vir ons nie, maar vir alle mense oor die hele aarde!
Daarom sal ons in die nuwe jaar van U goedheid vertel aan almal en veral aan die wat U nie ken nie!
U is die God van die nasies!