29 Desember 2021

Dagstuk
1 Kor. 6

In stede daarvan om te veg met iemand, veral medegelowiges, vra Paulus dat ons eerder verlies ly en die argument verloor, al is ons reg!
Dis deel van ‘n heilige en rein lewe!
Ons behoort immers aan Jesus!
“Daarteenoor word dié wat hulle aan die Here verbind, geestelik met Hom een.”
‭‭1 KORINTIËRS‬ ‭6:17‬ ‭NLV‬‬

Here, help ons om nie kleinserig te wees en ook nie hardkoppig in argumente en in sonde nie.
Ons wil U toelaat om in ons lewens te werk, want ons is een met U!

U is ons Voorbeeld!