28 Desember 2021

Dagstuk
Jesaja 16

Moab was waar Jordanië vandag is.
Eens ‘n wonderlike groen en vrugbare land, is dit nou van Jesaja se tyd af ‘n woestyn.
Die mense se sonde teenoor die Here en Sy volk het ook later die omgewing beinvloed.

Here, mag ons geregtigheid eerder as sonde die plek waar ons woon beinvloed.
Mag ons vir die huis, stad en land waarin ons woon so omgee dat dit beter sal lyk as in die verlede agv ons verhouding met U!
U is die Here van die natuur!