26 Desember 2021

Dagstuk
1 Kor. 5

Reinheid en ‘n heilige lewe moet elkeen van ons in die kerk se doel wees!
Leef daarom heilig en vermy mense wat doelbewus sonde doen en onberouvol aanhou daarmee.

“Kom ons vier dan fees, nie met die ou brood van sonde en onsedelikheid nie, maar met die nuwe brood van reinheid en waarheid.”
‭‭1 KORINTIËRS‬ ‭5:8‬ ‭NLV‬‬

Here, ons kies om in die feestyd heilig te leef: dit is om teen sonde in ons te veg en nie oor te gee aan die sonde wat in ons lewens wil werk nie.
Here ons besef mense wat hulself in die kerk aan sonde oorgee, beinvloed ander gelowiges negatief. Help ons ook om sonde in die kerk te dissiplineer.
U is Heilig!