24 Desember 2021

Dagstuk
Jesaja 15

Jesaja profeteer die finale oomblikke van Moab, die buurvolk van Israel!
Moab, wat kom van Lot se bloedskande met sy dogter (Gen. 19:37), het Israel en Juda ‘n moeilike tyd gegee van die begin af wat hulle in Kanaan ingetrek het. Boonop het hulle nie die Here bly dien nie, maar afgode nagevolg.

Here, help ons om aanhoudend reg voor U te leef!
Leer ons U regte weë!
U is Getrou!