23 Desember 2021

Dagstuk
Psalm 64

Boelie is die hedendaagse manier om van die mense te praat wat Dawid hier beskryf.
Nie net kinders word geboelie nie, maar as iemand jou dreig, saamsweer met ander, teen jou, kwaadstook, bitter woorde oor jou versprei, mekaar aanspoor tot bosedade teen jou…: dis niks anders as boelie nie.
Het jy sulke boelies in jou, vriendekring, werksplek of familie?
Luister na Dawid se raad:
“Dan sal almal, vervul met ontsag, getuig oor die dade van God en iets van sy werke verstaan.”
‭‭PSALM ‭64:10‬ ‭

Wees jy ñ persoon van respek en ontsag!
Dus, moenie op hul vlak daal, en dieselfde as hulle doen nie!
Getuig, en onthou, van die Here se goedheid!

Here, dankie dat ons by U kan kom skuil, en met U kan kom gesels en by U kan kom huil, as ons geboelie word!
U is ons veilige Hawe!