22 Desember 2021

Dagstuk
1 Kor. 4

Die gemeente in Korinte het geleef met ‘n stuk selfvoldane arrogansie en het daarom die apostels soos Paulus ‘n baie moeilike tyd gegee.
Maar Paulus sê hy hoef hom nie te verdedig teenoor hulle nie; hy staan voor die Here alleen verantwoordbaar!

Kom ons wees nederig, ook met mekaar!
Kom ons eer die wat aan ons die woord bedien, sonder om hulle te kritiseer.
Kom ons wees liefdevol en verantwoordelik voor die Here!

Here, help ons om ander te eer waar eer hulle toekom en help ons om in nederige liefde, ander beter as onsself te behandel.
U is ons Bestuurder aan wie ons verantwoording moet doen!