21 Desember 2021

Dagstuk

Jesaja 14
Al lê die ballingskap van Israel en Juda nog voor toe Jesaja hierdie profeteer, gee hy die mense van Israel hoop om hulle onmiddellike vyande: die Assiriërs en Filistyne se oordeel aan te kondig, maar so ook Juda se latere en groter vyand: Babilon en by name hulle koning: Nebukadneser!
Hy wat Jerusalem twee keer binnegeval het, en die volk weggevoer het in 3 sessies.
Die profesie oor hom lyk soos ñ tipe van satan: rebellie teen God, arrogansie ens.,
wat lei tot ñ val.
Die profesie word waar, as ons Daniël lees wat honderde jare na Jesaja geleef het.
Here, ons besef ons lewe is in U hande en so ook ons vyande s'n, soos elke heerser en regering se tyd en invloed deur U bepaal word!
U is die Heerser!