20 Desember 2021

Dagstuk
Psalm 63

Dawid is al gesalf as koning, maar moet nog vlug vir koning Saul.  
Daarom is hy bedruk en kies hy om hom tot die Here te wend, en te besef al is sy lewe hoe sleg op daardie stadium: die Here is steeds goed!
“U troue liefde is beter as die lewe; daarom prys ek U!”
‭‭PSALMS‬ ‭63:4‬ ‭NLV‬‬

Here, soos Dawid wil ons vandag kies om U te prys, want Here ons smag na U teenwoordigheid!
Ons wil by U wees!!
U is Alom-teenwoordig!
U is by ons!