19 Desember 2021

Dagstuk
1 Kor. 3

Daar was faksies, of clicks, in die kerk van Korinte.  Boonop het die verskillende groepe met mekaar gestry, en dan gesê hulle groep is van Apollos, of Paulus se volgelinge of selfs die “Petrus-bende”.
Hierdie groepe het groot twis en tweespalt in die kerk gebring, maar Paulus maan hulle dat hulle een Liggaam van Christus is, en dat Hy alleen almal se hoof is, ongeag van wie hulle na Jesus gelei het, of hulle verder geleer het!

Here, dankie vir die belofte in die hoofstuk, dat ons U s'n is en alles dus aan ons behoort: die volheid van die evangelie is ons s'n!!
Ons is U tempel!
U is ons fondament!