18 Desember 2021

Dagstuk
Jesaja 13

Babilon het geval net soos Jesaja beskryf het, aan die hand van die Mediërs.
Toe Jesaja hierdie woord geprofeteer het, was die Assiriërs nog die sterkste mag in die wêreld, maar Babelonië sou verrys tot die magtigste wêreld moondheid.
Daarna die Mede en Perse, en daarna die Grieke, gevolg deur die Romeine!

Here, U bepaal wie regeer (Rom. 13:1)
Ons toekoms is in U hande.
U is die Opperheer!