16 Desember 2021

Dagstuk
1 Kor. 2

Wat ñ wonderlike voorreg!
Om die Heilige Gees in ons te hê, kan ons nou die Here se gedagtes oor ons ken en weet!
Dit is ware wysheid!
Nie die wêreld se slim en kwansuis elegante wysheid nie, maar eerder God se diepste gedagtes, Sy geheimenisse wat Hy aan ons deur Sy Gees openbaar: dis Wysheid!

Here, ons wil U stem hoor om by U geheimenisse uit te kom.
Heilige Gees wat in ons woon ons nooi U nou om U wysheid aan ons te verduidelik sodat ons volgens U wil kan leef!
U is die Alwyse Gees!