13 Desember 2021

Dagstuk
1 Korintiërs 1

 Paulus skryf aan ñ gemeente wat hy baie goed ken!
Hy loof hulle vir hulle geloof in Christus, maar begin dadelik met die groot probleem in die kerk van Korinte: verdeeldheid!
Hy moedig hulle aan om in eensgesindheid die Here te dien en verduidelik deeglik dat dit nie swierige en vleiende woorde is wat hulle gered het nie, maar die eenvoud en krag van die evangelie van Jesus!

Here, ons erken U soewereine heerskappy oor ons lewens!
Ons wil in eenheid saam met ander christene U kom aanbid!
Help ons om die eenvoud van die evangelie te besef en te omhels.
U is God, ons Vader en ons Here Jesus Christus wat vrede gee!