9 Desember 2021

Dagstuk
Jesaja 10

Jesaja profeteer dat die Here Assirië gaan gebruik om Israel en die hoofstad, Samaria, te vernietig.
As hulle egter Jerusalem gaan beset gaan die Here die magtige koning van Assirië stop en sy leermag vernietig.
Dit gebeur jare later net so. 2Kon. 20:35 vertel hoe die engel van die Here in een nag 185 000 Assiriërs gedood het!
Sanherib, hul magtige koning, is daarna deur sy seuns vermoor.

Here, U waarsku almal vooraf, selfs die goddeloses soos Sanherib.
Dankie dat U ons ook waarsku en tyd gee om tot inkeer te kom!
U is die Magtige Een!