8 Desember 2021

Dagstuk
Psalm 59

Karakter word gevorm deur moeilike tye, sê Petrus.
Verseker het Saul se vervolging van Dawid die jong man wat sou koning word, gevorm!

Die 1ste stap van Goddelike vorming is om te weet dat jy veilig by die Here is!
“Ek sing lofliedere vir U, my Sterkte, want God is my skuilplek, U is my troue God.”
‭‭PSALMS‬ ‭59:18‬ ‭NLV‬‬

Here, soos Dawid wil ons besef dat ons alleen veilig by U is!
U is ons Sterkte!