7 Desember 2021

Dagstuk
Markus 15

Jesus se kruisiging word beskryf!
Toe Hy Sy laaste asem uitblaas, het die 30cm dik gordyn, die voorhangsel wat die allerheiligste toegemaak het, van bo na onder geskeur. Só het ek en jy deur Jesus se dood en Vader se genade, toegang tot die Here se teenwoordigheid gekry!

Here, dankie dat U Godsverlate moes wees aan die kruis sodat ons NOOIT deur U verlaat sal word nie!!
U is Eloi- my God wat my nie verlaat nie!