6 Desember 2021

Dagstuk
Jesaja 9

“Want ’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee. Hy sal die heerser wees met die koninklike titels: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.”
‭‭JESAJA‬ ‭9:5‬ ‭NLV‬‬
 
In kontras met Jesaja se eie seun wat se naam “Plunder-en-roof-is-naby” is, profeteer Jesaja so ongeveer 700 jaar voor Jesus oor wie Hy gaan wees!!!

Hierdie Messiaanse boodskap bevat ook ‘n waarskuwing!

Here, dankie dat U ons waarsku sodat ons na U moet terugkeer soos Israel van ouds!
U is die Wonderbare Raadsman!