4 Desember 2021

Dagstuk
Markus 14

Die lydenstyd van Jesus begin met ‘n ete saam met Sy dissipels, waarna Hy gaan bid in Getsemane, gearresteer word en na Kajafas se huis geneem word vir ondervraging.
Tydens die intense tyd verraai Judas Hom, verlaat almal Hom, ook Markus die jong skrywer vlug kaal weg en selfs Petrus verloën Hom voor Sy vervolgers.
Nogtans volg die groep mense die Here later weer!

Here, dankie vir U genade! Dankie dat U getrou bly aan ons ten spyte van ons vrees en ongeloof!
U is die Messias!