3 Desember 2021

Dagstuk
Jesaja 8

Jesaja rig ‘n bord op en noem sy nuwe kind: “Plunder en roof is naby”!
Dit dui as ‘n waarskuwing vir Israel en Aram dat Assirië hulle sal binneval en wegdra.
Maar die Here belowe aan die einde van die hoofstuk iets van die Messias in Galilea!!
 
Here, dankie vir die belofte: “Moenie vir enigiets of enigiemand bang wees nie, behalwe vir die Here, die Almagtige. Hy alleen is die Heilige Een. As julle Hom vrees, hoef julle vir niemand anders bang te wees nie.”
‭‭JESAJA‬ ‭8:13‬ ‭NLV‬‬

U is die Heilige Een!