2 Desember 2021

Dagstuk
Psalm 57

Dalk voel jy soos Dawid as mense teen jou optree, jou sleg behandel of selfs verneder, maar doen dan wat hy doen:
Soek jou toevlug by die Here!
Vra Hom om hulp!
Dan sal jy Hom ook begin loof soos Dawid Hom geloof het in moeilike omstandighede!
“Ek vertrou geheel en al op U. Op U, O God, vertrou ek onwrikbaar. Ek wil lofliedere sing.”
‭‭Psalm‬ ‭57:8‬ ‭NLV‬‬

Here, U is groot en wonderbaar!
U is die Verhewe Een!