30 November 2021

Dagstuk
Jesaja 7

Israel (Efraim) en Aram, die twee buurlande van Juda, trek saam in oorlog op teen koning Agas van Jerusalem. Jesaja bemoedig hom en die hele Juda deur die Messiaanse profesie:
“Nou goed dan, die Here sal dan self ’n teken kies. Die jong vrou (maagd) sal verwagtend raak. Sy sal geboorte skenk aan ’n seun en hom Immanuel noem.”
‭‭JESAJA‬ ‭7:14‬ ‭NLV‬‬
Jesaja sê, voor dit gebeur sal beide die aanvallers se lande verlate lê!

Here, dankie dat U ons, U kinders, beskerm en vir ons Immanuel gee om vir ons Verlossing te bring van ons eitlike vyand, Satan.
Jesus, U is Immanuel!