1 Desember 2021

Dagstuk
Markus 13

Jesus praat oor die era na Sy opstanding en opvaar na die hemel:
Hy verduidelik 1ste dat die tempel totaal en al afgebreek sou word, dat nie een klip bo-op ‘n ander sou agterbly nie.
Toe die Romeine in 70nC Jerusalem binneval het lomp soldate die droë tappeserië met hul fakkels aan die brand gesteek en so die goudbeslane mure se goud tussen die klippe laat insmelt. Later het die soldate vir hul oorlogsbuit elke klip van mekaar af gekap om by die goud uit te kom; en so is Jesus se woorde presies vervul.
Volgende het Jesus ons era beskryf waarin ons vir Hom moet kies en getuig van Hom ten spyte van vervolging!
Daarna beskryf hy die verdrukking wat sal kom.
En ten slotte Sy wederkoms en die herskepping van alle dinge!

Here, help ons om waaksaam te bly terwyl ons vir U wag, en in die tyd ons werk te doen: dit is om van U te getuig!
U is die Seun van die Mens!