29 November 2021

Dagstuk
Psalm 56

Dawid word deur die Filistyne gevang en toe maak hy of hy mal is (laat spoeg by sy mond uitloop ens.).
Die baasvegter van Juda wat hulle Goliat oorwin het, moes vinnig dink om sy eie lewe te red. Nogtans eer hy die Here vir sy redding:
“Want U het my van die dood gered. U het my voete van struikeling bewaar sodat ek saam met God kan loop en kan lewe in sy lig.”
‭‭PSALMS‬ ‭56:14‬ ‭

Here, dankie dat U ons planne gee om uit moeilike omstandighede uit te kom!
Al dink ons dit was ons, besef ons soos Dawid dat U ons sterk en slim maak met strategie en energie om op ons voete te dink!
U is ons Lig!