28 November 2021

Dagstuk
Markus 12

Jesus redeneer met die Fariseërs en Sadduseërs oor die Waarheid in stede van hulle valse persepsies en oorgelewerde reëls.
Gee die keiser wat hom toekom en die Here wat Hom toekom, want ons is die Here s’n; Sy gesig en titel is op ons soos die keiser se beeld op die munstuk was.
Ons moet gevolglik, soos die weduwee, alles wat ons het vir Hom gee, want ons identiteit lê in Hom en als van ons behoort aan Hom!

Here, dankie dat ons saam met U lewe, al sterf ons! Ons wil voluit vir U leef!
U is Lewe!