27 November 2021

Dagstuk
Jesaja 6

Jesaja het die wonderlike en vreesaanjaende voorreg om die Here op Sy Troon in die Troonkamer (die hemel) te sien.
Sy oom, die koning Ussia, is pas dood van melaats, omdat hy soos ń priester wou offer.
In hierdie moeilike tyd ervaar Jesaja die roeping om vir Israel te gaan waarsku.
Hy kry ook ń belofte dat t.s.v. oordeel, daar ń oorblyfsel van Israel altyd sal agterbly!

Here, mag ons saam met die Engele kom uitroep:
Heilig, Heilig, Heilig is die Here God almagtig! Die hele aarde is vol van Sy heerlikheid!
U is die 3x Heilige God!!