26 November 2021

Dagstuk
Psalm 55

As dit maar vyande van my was wat teen my is, sê Dawid, maar nou is dit ‘n vriend, iemand wat saam met hom na die huis van die Here gaan, ‘n medegelowige!
Soms voel jy verraai of in konflik met mense naby aan jou. Dit maak jou angstig, soos Dawid hier beskryf; maar hou moed:
“Gee jou kommer aan die Here oor. Hy sal vir jou sorg. Hy sal gelowiges nie teleurstel nie.”
‭‭PSALM 55:23‬ ‭NLV‬‬

Here, dankie dat U by ons staan, al voel ons dat ander teen ons draai!
U is my Vriend!