25 November 2021

Dagstuk
Markus 11

Jesus se triomftog in Jerusalem op ñ donkie word entoesiasties deur die skares begroet, met ñ verwagting dat Hy die Koning in die geslagslyn van Dawid is.
Hulle het oorwinning oor die Romeine verwag, maar Hy het oorwinning oor sonde en dood gebring met Sy Koningsheerskapy!
Daarom maak Jesus in Sy laaste week voor Sy kruisiging die tempel skoon van valse geldmaak skemas, en verklaar dat “Sy huis ñ huis van gebed sal wees vir alle nasies!

Here, mag ons vir U vrug dra in seisoen en daar buite. (2Tim. 4:2)
U is ons Koning!