24 November 2021

Dagstuk
Jesaja 5

Ons is Sy Wingerd!
Hierdie vergelyking oor Juda wat ‘n wingerd is, maar suur druiwe lewer, is ‘n duidelike beeld dat die Here van ons, Sy kinders, vrug verwag!

Juda se vrug, en die kerk s’n vandag, is suur omdat:
“Verwoesting wag vir hulle wat sê dat sleg goed is en goed sleg, dat donker lig is en lig donker, dat bitter soet is en soet bitter.”
‭‭JESAJA‬ ‭5:20‬ ‭NLV‬‬

Here, help ons om by geregtigheid te bly, en dit wat goed en heilig is te vier, eerder as om te dink dis oulik as iemand sonde goed kan doen (v. 22).
U is die wingerd-eienaar!