23 November 2021

Dagstuk
Psalm 54

Het jy al gevoel iemand steek jou in die rug, of jou baas of iemand in outoriteit is onregverdig teenoor jou?
Dawid was onregmatig vervolg deur Saul, die koning, en die Suffiette by wie hy gaan skuil het, het hom verraai!

Maar hy weet die Here luister en help, dat dit die Here is wat uitkoms gee en reg laat geskied!
Vertrou op die Here, al stel mense jou teleur.

Here, U is ons toevlug!
Ons kom kruip by U weg as dinge rof gaan in ons lewens!
U is Helper!