22 November 2021

Dagstuk
Markus 10

Jesus bevestig dat die huwelik deur God ingestel is, en nie verondersrel is om gebreek te word nie.
Hy seën kindertjies en ag hulle belangrik!
Hy beklemtoon dat geld nie belangrik is nie, maar geloof: dit bring ons by ñ ewige lewe saam met Hom!
Hy illustreer dat ñ leier dien deur die blinde man gesond te maak!

Here, dankie dat U ons kom dien het deur ons kom leer, genees en vry te maak!
Mag ons ook ander dien soos U hulle gedien het!
U is ons Leier!