19 November 2021

Dagstuk
Markus 9

Na die berg van verheerliking, waar Jesus met Moses en Elia gesels het, genees Hy ‘n kind deur ‘n demoon uit hom te dryf.
Hy bevestig ook dat ons met krag van Hom moet getuig deur ons hele lewe:
“Sout doen goeie werk. Maar as dit sy krag verloor het, hoe sal jy dit weer sout kan maak? Julle lewe moet soutkwaliteit hê, en julle moet in vrede saam met mekaar lewe.””
‭‭MARKUS‬ ‭9:50‬ ‭NLV‬‬

Here, help ons om nie te struikel nie, maar vir ander ‘n voorbeeld te wees. Mag ons waarlik VIR U wees!
U is die verheerlikte Een!