16 November 2021

Dagstuk
Markus 8

Twee keer voer die Here ‘n skare mense, en daar bly kos oor!
Die Here het Sy identiteit verstaan en ten volle uitgeleef; daarom vra Hy Sy dissipels of hulle begryp wie Hy is!
Petrus het ‘n geestelike openbaring dat Hy die Messias is, maar verstaan nie die implikasies daarvan nie.

Here, so baie keer dink ons ons weet wat aangaan in die woord en selfs in die alledaagse lewe, maar daar is nog so baie wat ons nie weet nie.
Mag ons met ‘n leerbare gees U aanhou soek, en U aanhou vertrou om vir ons te wys wat die Waarheid is! (Spr. 25:2)
U is Waarheid!