15 November 2021

Dagstuk
Jesaja 2

Jerusalem is die wonderlike stad van die Here!
As jy daar is, ervaar jy die Here se teenwoordigheid!
Daar kom ñ tyd in die toekoms van wêreldgeskiedenis, dat dit die setel van regering sal wees oor die aarde.
Maar, eers moet almal wat in weelde in Israel woon, nederig word.

Die Here is groot en Almagtig, nie ons nie!
Daarom moet ons nederig bly voor Hom!

Here, dankie dat Jerusalem se naam beteken stad van Vrede! Ons wil daarom kom bid vir die vrede van Jerusalem! Asook van ons woonplekke!
Ps. 122:6
U is Vrede!