14 November 2021

Dagstuk
Psalm 51

Oorwinning en verlossing van sonde sal deel van ons lewens wees as dit begin by berou, by ñ skuldbelydenis van sonde soos Dawid.
Hier roep die man na God se hart, desperaat om vergifnis, want hy besef ware vreugde is as die Here jou vrymaak en Sy Heilige Gees vir ons gee.

Here, ons roep in berou voor U uit dat ons sondig is!
“Moenie my verban wég van U teenwoordigheid nie, en moenie U Heilige Gees van my af wegneem nie. Gee my tog weer die vreugde van U redding, en maak my gewillig om U te gehoorsaam.”
‭‭PSALM 51:13-14‬ ‭NLV‬‬
U is Heilig !