13 November 2021

Dagstuk
Markus 7

Rein wees lê nie in rituele en tradisionele gebruike nie.
Ons bewys nie ons heiligheid deur godsdiens reg te beoefen nie!
Nee, ons reinheid het te doen met wat in ons harte aangaan en dan by ons mond uitkom!
Die Here maak ons dmv verhouding met Hom heilig van binne af, en dan sien ander dit in ons optrede!

Here, dankie dat U ons van binne na buite verander en dat ons nie hoef te probeer om van buite, met gebruike, na binne hoef te poog om heilig word nie.
U is die Heilige, die Rein een: selfs U spoeg het genees!