12 November 2021

Dagstuk
Jesaja 1

Jesaja profeteer in tye wat dit baie goed gaan met Juda en Jerusalem, maar hulle is vêr van God af.
Die Profeet waarsku dat Jerusalem verlate gaan wees, wat so ñ 100 jaar later presies so gebeur het.

So, kom ons luister na Jesaja en gee onsself vir die Here!
Dan:
"Kom nou, laat ons die saak uitpraat,” sê die Here. “Maak nie saak hoe diep die vlek van julle sonde is nie, Ek kan dit verwyder. Ek kan julle so skoon maak soos sneeu wat pas geval het. Selfs al is die vlek so rooi soos purper, Ek kan julle wit maak soos wol.”
‭‭JESAJA‬ ‭1:18‬ ‭NLV‬‬
 
Dankie Here dat U ons skoon en heilig maak!
U is ons Eienaar!