10 November 2021

Dagstuk
Markus 6

Jesus stuur Sy 12 dissipels uit soos ‘n goeie reklameveldtog, met Sy outoriteit om ook bose geeste uit te dryf en siekes gesond te maak; maar die belangrikste is dat mense tot bekering gekom het.
As hulle terug kom, dan kom duisende na Hom toe vir gebed.
Hy leer hulle en voer hulle selfs kos op ‘n bonatuurlike manier!

Ek en jy is net soos die apostels van Jesus Sy advertensieborde, Sy reklameveldtoh van verlossing, bevryding en genesing!
Is jy ‘n advertensiebord vir Hom?
Dit kan jou jou lewe kos, soos Johannes die doper uitgevind het.
Ek bid juis vanoggend vir ‘n Afrikaanse sendeling in Lesotho wat vermoor is en vir Afrikaanse sendelinge in Malawi wat se kerk en huis deur Moslems afgebrand is.

Here, dankie dat die woorde van die vroeë kerkvader so waar is:
“Die bloed van die martelare is die saad van die kerk!”
Here, ons gee onsself aan U as “advertensieborde” van U verlossing!
GEBRUIK ONS HERE!

U is die Messias!