9 November 2021

Dagstuk
Genesis 50

Jakob sterf, en na ‘n lang en deeglike begrafnis waar Josef en sy broers hulle pa met baie saam met hulle gaan begrawe het in Kanaan, word sy broers bang.
Hulle verwag die ergste van Josef na hul pa se dood, maar Josef sê:
“Julle het my wel kwaad aangedoen, maar God het die kwaad wat julle gedoen het, omgekeer in iets wat goed is. Hy het deur my gesorg dat ’n groot volk oorleef.”
‭‭GENESIS‬ ‭50:20‬ ‭NLV‬‬

Die Here kan in ons lewens die kwaad wat mense teen ons gedoen het, omdraai in iets goeds!
Ons lewens is in die Here se hande en Hy kan ander red selfs deur ons ongemak, pyn of hartseer.

Here, ons onderwerp onsself aan U!
U is in beheer van ons, nie mense nie!
Al beplan iemand kwaad, kan U dit in goed omskep!
U is Soewerein!