7 November 2021

Dagstuk
Markus 5

Jesus genees drie mense hier:
‘n Vrou wat aan bloedvloeiing ly, ‘n dogter wat al dood is, en ‘n man wat besete is met duisende demone!
Jesus maak hulle vry!
Hy het gekom om elkeen van ons vry te maak en ons te genees van sonde en die las wat dit op ons lewens laat!

Here, vanoggend steek ons ons hande uit en wil U aanraak om vry te kom. Ons wil by U kom pleit vir die siekte van sonde wat ons doodmaak, soos Jaïrus by U vir sy dogter gepleit het!
Here, maak ons vry van elke las van Satan!!!
U is die Vrymaker!

Vanoggend 9uur preek ek oor :
Bevryding van demoniese invloed!
Kyk op YouTube, Facebook of kom na LWC!
Ek het ‘n opgewonde verwagting dat baie mense vry gaan kom vandag!