6 November 2021

Dagstuk
Genesis 49

Jakob seën sy seuns voor sy dood.
Hier sien ons die 4de seun Juda dra die seën van die oudste: die Messiaanse seun, omdat Reuben bloedskande gepleeg het, omdat Simeon en Levi moord en geweld (nogal teen diere) gepleeg het, word Juda die “oudste” van Jakob.
Die Leeu van Juda wat op ñ donkievul Sy oorwinning sou aankondig, word ook deur Jakob geprofeteer!

Seën jy jou nageslag of verhoed jou sonde seën?
Kom ons lewe seën uit oor ons kinders en hulle kinders, en die geslagte wat sal kom daarna.

Seën asb my kinders  Here, met wysheid om ñ seën te bly vir hulle kinders!
Here! U is die Leeu van Juda, en U is die een wat geslagte seën!