4 November 2021

Dagstuk
Markus 4

Jesus leer die mense deur vergelykings soos die saaier wat op 4 verskillende tipe grond saai!
Ons leer uit elke vergelyking, as jy soek wat dit sê:
“Dit is God se reg om iets geheim te hou. Dit is konings se voorreg om uit te vind wat iets beteken.”
‭‭SPREUKE‬ ‭25:2‬ ‭

Ons moet die Heilige Gees vra om ons Jesus se vergelykings te verduidelik en so te soek na die Waarheid wat Hy geleer het.

Here, dankie dat U die leringe bevestig het met ‘n wonderwerk oor die natuur!
U is die God van wind en see!