3 November 2021

Dagstuk
Genesis 48

Jakob seën Josef deur sy twee seuns te seën!
Maar net soos met hom en sy broer, seën hy die jongste, Efraim, met ‘n groter seën as die oudste, Manasse!
Daarom was Israel se ander naam in die volksmond (veral in die profete soos Jesaja se tyd) Efraim, omdat dit bloot die grootste stam in Israel was.
As die 12 stamme die beloofde land intrek word daar nooit van die Josef stam gepraat nie, maar altyd van Efraim en Manasse!
Josef erf dus dubbel wat sy broers erf deur sy seuns!

Here, dankie dat U ons dubbel seën met U liefde en U redding!
U is die God van geslagte!
Die God van ons kinders!